Etta Roos

Back to Artists page


Van kleins af dreig Etienne Roos "Etta" al om deurbraak te maak in die Suid Afrikaanse ligte rock genre met diep woorde en humorsin wat tref reg waar dit saakmaak.

"Musiek is meer as 'n passie, dis 'n leefstyl en ek hou daarvan om oor te dra wat saakmaak.

Ek het die voorreg om wat op meeste van ons se harte le in musiek om te sit en dit met almal te deel wat voel daar is 'n boodskap in." Die energieke 27 jarige het meer as sang wat in hom steek.

Hy het onlangs sy eerste album klaar geskryf en is huidiglik besig om sy eerste CD op te neem. Sy inspirasie kom van allerdaagse dinge en gebeurtenisse wat baie mense soms oorkyk, maar werklik iets is wat in almal 'n lied in die hart plaas. Etta is oorspronklik van die Noordkaap dorp Douglas en het in Bloemfontein studeer na sy matrikulasie aan Hoerskool Douglas. Huidiglik woonagtig in George vind Etta homself weer naby aan die platteland waar hy tuis is. Musiek was altyd in hom, maar dit is in 2010 waar dit werklik aan hom begin brand het om dit as 'n loopbaan te kies.

"Jy kies nie musiek nie, dit kies mos maar vir jou. Dit vat tyd om volwasse en
gemaklik daarin te groei en as daai tyd kom maak jy die besluit om dit jou loopbaan te maak."

Etta doen baie cover songs van n groot verskeidenheid plaaslike kunstenaars en ook van buite... Kunstenaars soos Theuns,Bobby, Ray, Dozi, Cambells, Creed, CCR, Nic Stevens, Kurt en nog vele meer... Sy optredes behels oor n tydperk van 3-4 ure waar die mense hulle self lekker op die dansvloer kan vind. Etta het lekker lewe op die stage en laat die mense deel voel van die aand met sy sprankelende stage humour.... Etta geniet elke show en sit alles in om die show n sukses te maak....

Bespreek Etta Roos by : bookings@bluedivision.co.za of 084 606 1353