Cheree

Back to Artists page


Op die ouderdom van 30 , het Chereé haarself tuis gemaak in die SA musiek bedryf en daar is geen twyfel dat hierdie Kaapenaar hier is om te bly!

Sedert sy die Afrikaanse musiek mark in 2001 betree he , groei sy van krag tot krag , en daarom kom dit as geen verrassing dat 2010 die hoogtepunt van haar loopbaan is nie. Hierdie talentvolle sanger verskyn deesdae op verkskeie hoe profiel konserte en is ook te sien in van ons land se top publikasies.

‘n Groot voorreg het Chereé te beurt geval , toe sy genooi is om deel te wees van hierdie jaar se SAMA 16 skouspel by Sun City. Die hoogtepunt was gewis haar ode aan Carike Keuzenkamp , wat vereer is met ‘n toekenning vir haar lewenslange bydrae tot die Afrikaanse musiek mark. Chereé was ook die enigeste vroulike Afrikaanse kunstenaar wat tydens hierdie spoggeleentheid opgetree het en dit ook te aanskoue van die hele wereld. Chereé het ook gedurende die aand opgetree as aanbieder vir een van die vele toekennings.

Chereé spog met veskeie nominasies asook toekennings oor die afgelope jare. Hierdie erkennings sluit in SAMA nominasies vir beide haar country albums, “In My Drome” en “Country Girl”, waarmee sy met die Vonk toekenning vir Beste Country Album in 2008 vereer is. Daar was ook nog Radio IFM se Beste Vroulike Country Kunstenaar in 2008 sowel as die Beste nuweling in 2002, en Vrouekeur se Beste nuweling asook Album van die jaar in 2002.

Sedert Chereé se besluit ,om musiek haar loopbaan te maak , het die musiek industrie haar met ope arms verwelkom! Met die vrystelling van haar debuut album, “Chereé”, word sy die eerste SA kunstenaar wat ‘n Nr 1 treffer op Kaapstad se grootste radio stasie het, ‘n prestasie waarop sy vandag nog baie trots is. Daar is geen twyfel dat hierdie Country Diva vir nog hoer dinge bestem is en dat daar nog vele toekennings op haar wag.

Chereé is op haar gemak op die verhoog of in die ateljee, en haar stem kan gehoor word op radiostasies landwyd. Chereé verskyn op baie plaaslike albums, insluitend goud- en platinum- verkopers soos Kurt Darren, Die Campbells, Wynand Strydom, Sokkie Treffers, ens.

Met haar smeulende latynse “looks” en sorgvrye persoonlikheid, is dit geen wonder dat Chereé al reeds op heelwat hoë profiel radio- en tv-programme verskyn het, insluitend: Pasella; Sweepslag; Jukeboks; Noot Vir Noot; DisHoe Dit Is Met Steve; DKNT, Fiesta; Roer; Liriekeraai; GMSA; K-TV; Vrouekeur; Sarie; Huisgenoot; Die Burger. Chereé se musiekvideos, In My Drome; Dit Is Ons Lewe (duet saam met Wynand Strydom) ; 30 Dae In Die Somer; Jy Het My Hart Gesteel en Sal Jy Probeer Onthou kan gereeld op televisie gesien word.

Chereé se eerste Afrikaanse opname, “Dertig Dae In Die Somer”, is steeds ‘n treffer – ‘n uitbeelding van haar sensitiewe en romantiese kwaliteit as kunstenaar. Kunstenaar kan ons haar na regte noem, want nie alleen kan sy sing nie, maar sy is ook ‘n talentvolle musikant in eie reg. Sy speel graag kitaar en klavier.

Chereé bly en is steeds ‘n gewilde kunstenaar wat met ‘n sekere argeloosheid rigiede grense oorskry.Sy is vars, oorspronklik en steeds verrassend. Haar musiek is ‘n spieëlbeeld van haar lewe – SORGVRY, GELUKKIG en VEELSYDIG!

Bespreek CHEREE by : bookings@bluedivision.co.za of 084 606 1353