




Afrikaanse Rocker met Sarkasme op die lippe, jammin' rif in die ore, en 'n song op die hart!
Carle van Deventer het begin sing toe sy 4 jaar oud was.
Haar loopbaan het vlam gevat nadat sy in 2005 die ATKV Cresendo Ligte liedjieskryf kompetisie gewen het.
2006 - Haar album "Vyfster Suicide Hotel" het sy in 2006 gemaak en vrygestel by KKNK.
Sy was ook genomineer vir n ATKVeertjies saam met Chris Chameleon, Linka van Ddisselblom & Nadine.
2007 - Sy het n video van haar liedjie " Nog Reels Asb" gemaak wat gereeld op die kanaal MK speel en hierdie video het was ook vir 6 weke lank die MK nr 1.
2008 - Sy was genomineer vir n SAMA toekenning waar sy in haar kategorie die enigste vrou was saam met Jan Blohm, Albert de Wet, Valiant Swart & Fokofpolisikar. Sy was ook deel van die produksie by KKNK " Nuwe Generasie Diva's" saam met Liesl Marx, Jolette Odendal & Bianca le Grange.
Sy het hierdie jaar ook baie baie verskillende kunstenaars se album agtergrond stem gesing o.a Beeskraal, Snotkop, ( Bakgat! Soundtrack), die Fliek Hond se Dinges, Dewald Louw ( ook songs geskryf saam Joe Foster), Pieter Smith ( Pieter het ook haar liedjie Skedonkie liefde opgeneem).
Haar video "Iemand het jou naam" was ook nr 1 op MK en was genomineer vir n MK Toekenning vit beste Solo Kunstenaar & ander.
2009 - Sy het saam met Heinz Winkler 2 van die liedjies op sy nuutste Album geskryf. Sy raak ook deel van Studio Cha wat n sang en liedjieskryf opleidings ateljee is.
2010 - Sy doen alle agtergrondsang vir al die hoof kunstenaars op Kurt Darren se plaas Die Innibosveldfees & het ook gesing in die fees se voorprogram.
Bespreek CARLE by : bookings@bluedivision.co.za of 084 606 1353