DooZyMuzik

Back to Artists page


DooZyMuzik het ontstaan deur die inisiatief van die liedjieskrywer en musikant Barret Spies wat sy unieke klank en vibrasies van kreatiewiteit vir ons bring soos net hy, Kevin & Chris dit kan oordra.

Barret het begin musiek skryf toe hy 8 jaar oud was as ‘n stokperdjie.

Hy het intussen musiek teorie en prakties begin studeer omdat dit definitief was wat hy wil doen. Hy het ook vir Revue’s & Kore 4 stemmige musiek geskryf.

Barret & Kevin was vir 9 jaar deel van die groep OffShore2.

Kevin wat die voor sanger van DooZyMuzik is, is ook glad nie n onbekende gesig vir menigde mense nie. Met 25 jaar se ondervinding in die bedryf, groepe en teater, is hy n meester met wat hy bied.

DooZyMuzik is n nuwe vars projek en is die begin van groot dinge!

Hulle musiek-skryf styl is eg, en ook n treffer onder die kommersiele mark.

Jy kan dans, jy kan gesels, maar jy sal nie jou voete kan stilhou daar waar jy sit nie!

Bespreek DZM by: bookings@bluedivision.co.za of 084 606 1353