Hans Strijdom

Back to Artists page


Ek onthou die dag toe ek in Moeder Aarde verwelkom is, onthou dit soos gister! Op 5 September 1981 is ek op 'n klein dorpie in die Noord Kaap gebore.

My pa het met wol- en vleis skaap geboer en my ma is maar nog soos altyd, 'n tuisteskepper. Na die droogte getuisterde Noord Kaap het ons in die Hoëveld opgeïndig waar ek my Hoërskool loopbaan voltooi het. Ek het my loopbaan verder laat groei deur om in die Rekenaars Wetenskap rigting te studeer.

Musiek was nog altyd 'n hoogtepunt in my lewe. Veral nadat die tannie wat my in graad 1 orrel lesse probeer gee het, dit nie met my kon uithou nie! :)

Ek is baie bevoorreg om musikante te hê as rolmodelle. Hulle musiek is inspireërend vir almal in Suid Afrika. Op die ou einde wil ek maar net as toeskouer staan en Afrikaans in Suid Afrika bevorder!

My skryf styl in Afrikaanse musiek is uniek in die opsig dat ek daarvan hou om stories te vertel en deur middel van my musiek mense se harte aanraak.

My huidige cd projek is amper afgehandel en sal in middel 2010 beskikbaar wees vir Suid Afrika. Dit beteken GROOT makietie!

So as julle my raakloop in 'n plekkie naby julle, nader my gerus vir 'n kuiertjie en hou asseblief uitnodigings op Facebook dop vir my optredes!

Kan nie wag om julle almal te ontmoet nie!

Hans Stijdom

Bespreek Hans Strijdom by : bookings@bluedivision.co.za of 084 606 1353