DIAN

Back to Artists page


DIAN het gesing voordat hy kon praat se sy ouers, alewig n melodie ge’hum’. Hy het sy skoolloopbaan in Potch voltooi waar hy menigte hoofrolle in musiekblyspele vertolk het.

Terwyl hy sy B.com graad aan die Nwu-pukke voltooi het, het hy ook n groot deel van sy koshuis se kultuur produksies gevorm asook in menigde ander studenteproduksies gedeel.

Sy musiek is ‘n integrale deel van sy menswees. Sy musiekstyl en -smaak kan nie in ‘n boksie geplaas word nie. Hy vind inspirasie en motivering in allerdaagse situasies en voorwerpe, alhoewel hy ook soms iets sal raaksien/hoor in die buitengewoon wat hom sal interesseer en prikkel.

Met sy unieke klank en stem wat die land binnekort gaan tref, skop DIAN se musiekloopbaan nou eers met alle ernstigheid af! Sy debut Album sal middel Oktober beskikbaar wees en die passie van hierdie nuweling gaan definitief die Suid-Afrikaanse volk se harte hard laat klop.

Bespreek DIAN by : bookings@bluedivision.co.za of 084 606 1353